Middernagfees met musiek

WOENSDAG MET ANNELIZE

Middernagfees met musiek

NUUSBULLETIN: 24 FEBRUARIE 2021

Goeiemôre!

Die laaste ding wat mens moet doen as jy in die nanag wakkerlê, is om jou slimfoon nader te trek. Daarna is dit neusie verby met slaap. Maar soms kom jy tydens so ’n nagtelike ekspedisie op ’n storie af wat jy maar kan oorvertel – soos toe ek om drie-uur vanoggend toevallig ontdek dat Roberta Flack se “Killing Me Softly with His Song” (https://www.youtube.com/watch?v=k4A5XuMz_Tw) vandag 48 jaar gelede boaan die trefferparade was.

Dit was net ’n jaar nadat Carly Simon se “You’re so Vain” (https://www.youtube.com/watch?v=j13oJajXx0M) almal aan die raai gehad het oor wie die selfvoldane kêrel met die appelkooskleurige serp en windmaker hoed is oor wie sy sing – die een wat by ’n partytjie instap asof dit ’n seiljag is. Simon het ’n dekade later bevestig dat dit oor drie verskillende mans gaan van wie een die akteur Warren Beatty is, maar oor die ander twee word steeds bespiegel. Was dit dalk David Bowie, David Cassidy of Cat Stevens? Ironies genoeg, gegewe die lirieke, hou Beatty glo vol dat die hele ding oor hom gaan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.