Kom bog met jou

BULLETIN

Kom bog met jou

NUUSBRIEF: 14 MAART 2021

Goeiemôre!

Ek en Anneliese ruil vandag beurte om, want sy is op pad Kaap toe sodat ons en van die ander spanlede vir die eerste keer in ’n jaar koppe bymekaar (maar nie te na aan mekaar nie) kan sit oor hoe ons die Vrye Weekblad-inhoud nog fyner kan instel. Dié heuglike vergadering vind môreoggend plaas.

Intussen het ek groot plesier gehad aan al die Voortrekkerstories wat ná Woensdag se nuusbrief (https://www.vryeweekblad.com/bulletins/2021-03-10-voortrekkers-en-dwarstrekkers/) in my inboks geland het. Nog ’n eks-Drawwertjie met wie ek dié week gesels het, was my jonger sussie wat deesdae in Aubusson in Frankryk woon. Nie net onthou sy al die woorde van die Vlaglied nie, maar toe sy ’n paar jaar terug ’n oogoperasie moes ondergaan (een waarvoor jy wawyd wakker moet bly) het sy dwarsdeur die prosedure die Vlaglied oor en oor gesing. En nie net in haar kop nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.