Van dié vir wie daar baie gegee is, word baie vereis

DONDERDAG MET HANLIE

Van dié vir wie daar baie gegee is, word baie vereis

NUUSBRIEF: 6 MEI 2021

Goeiedag

Die onthullings dié week oor die plundering by Eskom is seker nie 'n verrassing nie, maar dit bly maar 'n teleurstelling dat daar soveel Suid-Afrikaners (en andere) is wat snags rustig slaap ná 'n dag se selfverryking sonder 'n enkele kommer oor diegene wat ly as gevolg daarvan. 

Sommige (talle, eintlik) in die staatsdiens, by semi-staatsinstellings en in die privaat sektor beskou die bevoorregting van hulle posisies as veel belangriker as die pligte wat met die posisie saamgaan. Ek is redelik seker nie een van die betrokke Eskom-hoofde het wakker gelê oor die gevolge van die R178,000,000,000 se tenderkroekery (https://www.news24.com/news24/southafrica/investigations/eskomfiles/the-eskom-files-exclusive-power-utilitys-r178-000-000-000-dodgy-tender-tsunami-20210503) – veral vir die armes – nie. Het die VBS-mense aan angs gely oor wat met die pensioenarisse (almal armes) se geld gebeur? Waarskynlik nie. Het Markus Jooste 'n maagseer ontwikkel weens kommer oor die welstand van Steinhoff se krediteure? Ek sal baie verbaas wees as hy het. Het die mense wat verneuk het met persoonlike beskermingsdrag ooit gewonder of iemand aan Covid-19 dood is weens hulle gierigheid? Wel, ek twyfel. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.