Die groot pynappelvraagstuk: ’n resep vir onmin

DONDERDAG MET ADRI

Die groot pynappelvraagstuk: ’n resep vir onmin

NUUSBRIEF: 13 MEI 2021

Goeie Donderdag, veral vir die mense in die pynappelkamp

As kind was my ma se weergawe van spaghetti bolognaise ons gesin se weeklikse hoogtepunt: maalvleis bo-op spaghetti, en dan stewige lae van rou uieskywe, tamatieskywe, 'n hele piesang opgesny, 'n stewige skoot Mrs Balls en 'n sneeustorting klapper oor alles. As jy lus was, kon jy pynappelskywe bysit, ook All Gold-tamatiesous en brandrissies.

Groot was my skok toe ek as grootmens agterkom dat 'n versoek vir dié dis enige ordentlike Italiaanse kok minstens wit in die gesig sou laat verklaar: Non dire stronzate! Sei una cazzona! (Kom ons vertaal dit ordentlikheidshalwe met: “Moenie twak praat nie. Jy is 'n groot penis.") Boonop sou vriend én vyand my bietjie bejammerend aankyk, asof dit die uiterste manifestasie van 1980's-agter-die-klip was.  ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X