Hou jou smoel, kuikenfoefenol (en ander stories uit die diaspora)

DONDERDAG MET ADRI

Hou jou smoel, kuikenfoefenol (en ander stories uit die diaspora)

NUUSBRIEF: 12 AUGUSTUS

Goeie Donderdag vanuit Londen

'n Ruk terug lewer 'n verloopte leier van 'n geflopte verregse Suid-Afrikaanse politieke party kommentaar op 'n Suid-Afrikaanse Facebook-blad wat begin het as 'n forum  vir joernaliste en oudjoernaliste. Sy uitlating is 'n kru, rassistiese veralgemening. Voordat ek myself kan keer, teken ek daar beswaar aan. 

Skaars het ek nog my vinger van die sleutelbord gelig of 'n ander man wil weet hoe ek uit Londen durf “vinger swaai" vir mense in Suid-Afrika. Omdat rassisme enige plek in die wêreld steeds rassisme is, Meneer. En omdat rassisme in Suid-Afrika sekerlik tog nie méér verskoonbaar is as in enige ander land nie, Meneer. En omdat, soos my baas Max altyd sê, niks kan jou skielik 'n rassis maak as jy nie inherent rassisties is nie, Meneer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.