Staatsamptenare wat nie wíl nie, ’n konsert onder die...

SONDAG MET ANNELIESE

Staatsamptenare wat nie wíl nie, ’n konsert onder die verhoog, en botterskorsie-wenke

NUUSBRIEF: 19 SEPTEMBER 2021

Goeiemôre 

Soms doen 'n mens 'n onderhoud wat weke daarna nog jou kop laat draai. Dit is die geval met Jeremy Cronin (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2021-09-11-jeremy-cronin-staatskaping-se-fondasies-is-lank-voor-die-zuma-jare-gel/), veteraan van die SAKP se politburo en oudlid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee met wie ek 'n paar weke gelede gesels het. Dit was een van die interessantste gesprekke wat ek in 'n baie lang tyd gehad het. Hy het onder meer die model van nuwe openbare bestuur gekritiseer wat ons in die middel van die 1990's ingevoer het. Die term “New Public Management” is deur Britse en Australiese akademici geskep vir 'n staatsdiens wat meer soos die privaat sektor werk, waar burgers as “kliënte" gedefinieer word en  staatsamptenare op grond van vooraf gedefinieerde werkverrigtingsteikens beoordeel word.

Dit, sê Cronin, het die kompleksiteit van groot dele van die staatsdiens misken. Sosiale dienslewering kan nie soos “produkte op 'n monteerband" hanteer word nie. Hy sê 'n kultuur van “sinlose boontjietellery" het ontstaan waar amptenare boksies aftik om aan die regte kant van 'n prestasiebeoordeling te wees, dat hulle nie aangemoedig word om vir hulleself te dink of om uit foute te leer nie, en dat die hele etos van omgee vir burgers as mense verdwyn het en hulle net doen wat hulle moet om 'n salaris te kry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.