Die Groot Ontwrigting, Ottolenghi se melktert en 68 stukkies advies

SONDAG MET ANNELIESE

Die Groot Ontwrigting, Ottolenghi se melktert en 68 stukkies advies

NUUSBRIEF: 17 OKTOBER 2021

Goeiemôre liewe vriende

Ek was gister op my eerste vlug in 19 maande. Terug Oos-Londen toe ná twee weke in die Kaap. Die laaste week was 'n mallemeule van  “regte" vergaderings (en selfs 'n klankopname in 'n “regte” ateljee). Ons het nou al so gewoond geraak aan die virtuele manier van dinge doen dat 'n koffie-by-'n-sypaadjie-kafee eienaardig opwindend is.

Vir die eerste keer in 'n bitter lang tyd het ek kollegas in lewende lywe gesien. Ek en Max het opgevang oor vis en tjips in Simonstad, ek het 'n vinnige koffie met Hanlie Gouws gedrink voor ons weeklikse nuusvergadering en oudkollega Annelize Visser het vir my een aand 'n verruklik eiervrugkerrie gekook terwyl ek met my skootrekenaar by haar kombuistafel gesit het. Ek was van plan om 'n hele paar ander wyne en koffies in te werk, maar 'n werksweek is te min tyd om die sosiale agterstand van 'n hele pandemie uit te wis. Die week was 'n vreemde mosaïek van ou familiariteite (om my ouer dogter te sien, die reuk en klanke van 'n lughawe ) en nuwe gewaarwordinge (hoeveel minder spitstydverkeer daar is in Kaapstad en hoeveel geboue leeg staan)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.