Drie weke later is dit nog net die ANC wat ’n vrou op die paal het

O DONDERDAG!

Drie weke later is dit nog net die ANC wat ’n vrou op die paal het

NUUSBRIEF: 19 NOVEMBER 2021

Goeiemôre

Met die verkiesing nou al amper drie weke agter die rug word ek steeds elke oggend buite my huis begroet met die vrolike volkleur-plakkaatglimlag van die jong vrou wat onsuksesvol as die ANC se wykskandidaat in ons buurt gestaan het. Die plakkate van die ander partye wat dit tot op ons lamppale gemaak het, die DA, die VF Plus en ook die heel optimistiese EFF, is lankal verwyder.

Die VF Plus was die eerste wat hul plakkate voor die verkiesing opgesit het, en ook die eerste wat dit weer verwyder het – sommer al 'n dag of twee ná stemdag. Dalk het dit juis so gou gebeur omdat hul kandidaat dit nie gemaak het nie, maar nogtans getuig dit van die ordelike, goed georganiseerde party wat die VF Plus blyk te wees. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.