Vergifnis gebeur nie oornag nie

DINSDAG MET ANESCA

Vergifnis gebeur nie oornag nie

NUUSBRIEF: 25 JANUARIE 2022

BYGELOWIGE mense sê hoe jy jou jaar begin, is 'n aanduiding van hoe dit die res van die jaar gaan verloop. Nou ek hoop nie so nie. Aangesien ek 2022 baklei-baklei begin het.

Alles het begin toe ek verlede jaar uiteindelik my goor werk by 'n akademiese instelling bedank het. Hoofsaaklik omdat hulle peanuts betaal het en my (Chinese) baas 'n boelie is. Ek glo nie Nelson Mandela het 27 jaar in die tronk gesit net sodat ek in Nederland deur 'n Chinees onderdruk kon word nie.

Nou is ek vir ewig deel van wat wêreldwyd genoem word “The Great Resignation”. Mense wat midde die pandemie uit eie wil gestop het met hulle werk – dikwels sonder die waarborg van 'n nuwe werk. Daar bestaan verskeie teorieë oor waarom dit gebeur. In Amerika word byvoorbeeld gesê dat die geldelike bystand wat sommige arm gesinne tydens die pandemie van die staat gekry het, in sekere gevalle hoër as hulle normale inkomste was. Gevolglik is ruimte geskep om meer kieskeurig te wees oor hulle volgende werk. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.