Goeie Donderdag, vriende
Wie van ons verveel nie ons vriende of kinders met aangedikte weergawes van hoe ons myle ver kaalvoet deur die sneeu skool toe moes stap nie? Dis meer 'n gespog as 'n gekla, opgedis met 'n dik stroom nostalgie vir “beter, meer onskuldige tye".
Ons ouers het weer vir ons hulle interpretasie daarvan vertel (ek is grootgemaak op helde-stories van 'n bywoner-oupa in die Karoo en 'n kerkkoshuis waar kinders meer slae as kos gekry het aan die een kant en 'n wasvrou-ouma aan die ander) en húlle het weer nostalgiese verhale van durf en swaarkry van hulle ouers gehoor. En só gaan dit terug na geslag tot geslag...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.