Die dodelike kombinasie van ‘The Great Replacement Theory’,...

DONDERDAG MET ADRI

Die dodelike kombinasie van ‘The Great Replacement Theory’, die donker web en vuurwapens

Massa-skietvoorvalle: ADRI KOTZÉ bekyk die rol van die internetplatform 4chan en 'n bisarre samesweringsteorie wat vanaf die donker web die hoofstroom ingesypel het.

Goeiemôre

Op 14 Mei vanjaar het ’n 18-jarige Amerikaanse man 10 mense doodgeskiet in Buffalo, New York. Hofdokumente toon hy het vooraf in ’n handgeskrewe nota verklaar hy doen dit “vir die toekoms van die wit ras”. Die man, wat tereg staan op veelvuldige aanklagte, is ’n aanhanger van die sogenaamde “great replacement theory”, ’n rassistiese aanname dat wit Amerikaners en Europeërs doelbewus deur immigrante vervang word.

Die 18-jarige – hy is wit en sy slagoffers is spesifiek geteiken omdat hulle swart was – het ’n skrikwekkende “belydenis/manifes” van ’n volle 180 bladsye geskryf wat duidelik uiteensit dat hy deel is van ’n wêreldwye internetgemeenskap wat vas glo wit mense word opsetlik vervang. Dié dokument het hy geplaas op Discord, ’n app wat in 2015 ontwikkel het uit die wêreld van aanlyn gaming, en hy het die aanval regstreeks gestroom op die gaming-webblad Twitch, wat deur Amazon beheer word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.