Indrukke ná ’n padreis al langs die Weskus (en ’n bietjie verder)

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

Indrukke ná ’n padreis al langs die Weskus (en ’n bietjie verder)

ANNELIESE BURGESS deel haar indrukke en gewaarwordinge ná 'n padreis.

Goeiemôre

Soos gereelde lesers van ons nuusbriewe sal weet, is ek die laaste paar weke op ’n padreis deur ’n deel van die Weskus (en dele van die Swartland en verder). Van die lieflike rondings van die Langebaanmeer tot die duine van Saldanha. Van die karbonkelberglande van Vredenburg tot die sagte baaie van Paternoster. Velddrif. Elandsbaai. Leipoldtville. Lambertsbaai. Piketberg. Hopefield. Ceres. Ek het meer as 3,000 km gery. Uiteindelik terug deur Darling, Malmesbury – tot by Riebeek-Kasteel (waar ek gaan inloer het by ons kollega Jacques Pauw, wat besig is met die laaste werk aan sy nuwe boek.)

Die passasiersitplek van my gehuurde motor is gestapel met langpad-skatte. Daar is ’n boek oor Sandveldkos van Kobus van der Merwe wat ek by Oep ve Koep in Paternoster gekoop het; ’n teepot wat ek vir R50 by ’n winkeltjie opgediep het; koljanderblatjang van die Hopefield-kosmark; malvasteggies uit die tuin van tannie Rina Theron, groot Sandveld-kos-en-plantekenner, op haar plaas Aan het Berg by Leipoldtville. Daar is ’n kardoessak vol sitrusvrugte, soos dikvelsuurlemoene en vet pomelo’s, skel-oranje nartjies en yslike lemoene. En wit koejawels. Kei-appelblatjang. Pakke herebone van die Vensterklip-padstal. Bottels wyn. Granate van Peet Steyn in Paternoster ... (Lees die storie wat hy oor die dorpie geskryf vir ons geskryf het hier (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2021-11-25-hierdie-skisofrenie-van-my-en-van-my-plekkie-by-die-see/).)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.