Hoeveel geld is genoeg?

EK KAN DOEN MET 100 MILJOEN

Hoeveel geld is genoeg?

As jy enige bedrag op die lotery kon wen, wat sou jy kies? En sal dit jou gelukkig maak, vra ADRI KOTZÉ.

Goeie Donderdag

Ek wen minstens twee keer ’n week ’n helse klomp geld op ’n lotery, veral tweeuur die oggend. Dan kan ek tot die laaste desimaal lê en uitwerk presies wat ek met die geld gaan doen. Nuwe beddegoed, ’n week of ses op ’n maerwordplaas, ’n elektriese voertuig, dalk ’n lang vakansie of selfs ’n vakansiehuis ... Dit gaan sonder uitsondering met ’n selfworsteling gepaard en ’n angs oor watter gate alles eers gestop moet word. 

Soms is daar ’n vriend wat dringend hulp nodig het en dan moet ek my wengeld opskuif om die somme te laat werk. Ander kere is daar spesifieke krisisse en die prysgeld moet met dermiljoene opgaan: hongersnood, natuurrampe, verwaarloosde diere, hawelose mense, oorlogslagoffers, die kunste, kankernavorsing, demensie-sorg, skoolbeurse vir behoeftige kinders...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.