Goeiemôre!
Vroeg Januarie 1993 sit ek in ’n koffiewinkel in Stellenbosch toe ’n vrou uitasem instorm met die woorde “Dok Craven is daar by ons”. ’n Gewaarwording van onrus sny soos ’n lem deur my gebeente. Ek ken haar; sy werk by ’n begrafnisondernemer. ’n Ontsaglike gevoel van verlies oorweldig my. Enkele maande vantevore het ek iewers gelees die oud-grootbaas van Suid-Afrikaanse rugby vertel dat hy besig is om oud te word, want hy ken meer mense in die begraafplaas as op die dorp. In my leefwêreld as ’n kind was Dok Craven ’n magiese en almagtige karakter.
Ek dink aan Anneliese Burgess wat hierdie week haar geliefde “Dad” aan die finaliteit moes afstaan. As jy reeds in die winter van jou 80’s is en jou kinders rou steeds oor jou heengaan, was jy waarskynlik die “dad” wat alle kinders verdien. Nie volmaak of foutloos nie, maar jy het jou kinders se onsterflike liefde verdien. Die fisieke en geestelike aftakeling in die pylvak van jou lewe kon nie die goeie en liefdevolle herinneringe verweer nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.