The eagle has landed. En ander agter-die-skerm-stories oor die ...

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

The eagle has landed. En ander agter-die-skerm-stories oor die Groot Oorskakeling

Daar was 'n paar (oukei, heelwat) naelbyt-oomblikke, maar Vrye Weekblad 3.0 se eie webdomein is nou live! ANNELIESE BURGESS vertel hoe dit gewerk het, en gee ook haar gewone dit-en-dat-aanbevelings soos gewoonlik op 'n Sondagoggend.

Goeiemôre liewe vriende

Gisteraand was opwindend. Die Groot Oorskakeling na Vrye Weekblad se eie webdomein het gebeur, en dit was nie sonder 'n paar naelbyt-oomblikke nie.

Ek sit in 'n huurwoonstel in Langstraat, Kaapstad. Max is in Simonstad. Andrew Trench, Vrye Weekblad se nuwe bedryfshoof, is op Onrus. En die twee tegniese towenaars wat ons daarmee help, sit iewers in die stad. Die helfte van die WhatsApp-gesprek op die tegniese groep verstaan ek nie. Gelukkig is Andrew daar. Dit is sy kos. Daar is baie geekgrappies en GIFS van kernontploffings en vuurpyle. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.