‘Omgee en deernis’ vir dakloses en die 5 goed wat jy vandag wil weet

DINSDAG-DINGE

‘Omgee en deernis’ vir dakloses en die 5 goed wat jy vandag wil weet

GERHARD GREYVENSTEIN stuur 'n brief uit Shanghai, die redaksie vertel oor die vyf goed wat jy vandag moet weet, en ons gee ons opinie oor dakloosheid in Kaapstad.

Goeiemôre, vriende

5 goed wat jy vandag wil weet

95-oktaan-petrol word môre R1,02 en 93-oktaan-petrol tussen 89c en 93c goedkoper. Diesel word met tussen 10c en 15c duurder. (Betáál, julle diesel-4X4’s. Jy wil mos ’n Fortuner ry.)  95-oktaan sal dus in Gauteng R23,36 kos.ActionSA gaan hulle benadering tot koalisies met ander opposisiepartye heroorweeg. Die nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê die model wat nou gebruik word, is te onstabiel. Die party se Gautengse leier, Bongani Baloyi, sê die DA-leierskap kon die Johannesburgse burgemeester, Mpho Phalatse, gered het as hulle ingestem het om ’n IVP-speaker te steun. (Pot en ketel, en kiesers is gatvol vir die gebieker.)Die Wes-Kaapse hooggeregshof het gelas dat die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, al die vertroulike dokumente oor die verkoop van ’n aandeel van 51% van die SAL aan Toto Investment Holdings verskaf, maar het geweier om die transaksie te kanselleer. (Omtrent tyd, Pravin, dis mos nie jou privaat eiendom nie. Ons weet jy’s een van die eerlike mense in die kabinet, maar iemand moet vir jou ’n lesing gee oor openlikheid en openbare belang.)Die Duitse sagtewaremaatskappy SAP is deur ’n spesiale tribunaal aangesê om ’n verdere R81 miljoen aan die departement van water en sanitasie terug te betaal nadat die spesiale ondersoekeenheid bevind het dat kontrakte van 2015 en 2016 onwettig was. (Hoes, julle skelm bliksems.)Die leier van Iran, Ayatollah Ali Khamenei, sê die opstande van die laaste week is die werk van Israel en sy land se ander vyande. Ongekende protes het op die dood in aanhouding van Mahsa Amini (22) gevolg en minstens 133 protesteerders is al doodgeskiet. Khamenei het gelas dat die veiligheidsmagte selfs meer hardhandig optree...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.