Skaam + kwaad = verlamming

MAANDAG MET MAX

Skaam + kwaad = verlamming

Hier is vyf goed wat jy vandag wil weet. Max du Preez bekyk ook die herrie oor Dis-Chem se raskwotas, en sê ons moet aktief ons deel doen om ons landgenote ons gemeenskap te laat herverbeel.

  • 17 Oktober 2022
  • Daagliks
  • 8 min om te lees

Goeiemôre

Pres Cyril Ramaphosa en verskeie lede van sy kabinet was die naweek in Saoedi-Arabië waar die twee lande 17 memorandums van ooreenkoms onderteken het wat ekonomiese bande moet versterk. Ramaphosa het veral in groenenergie en toerisme belanggestel. (Die een onderwerp wat beslis nie ter sprake gekom het nie, is die brutale moord deur die Saoedi-staat op die joernalis Jamal Khashoggi in Istanbul in 2018.)Episode 73 van Stalingrad op Steroïede: Die Staat vs. Jacob Zuma word vanoggend in die Pietermaritzburgse hooggeregshof opgevoer. Op die agenda is ’n nuwe datum vir Episode 74 en ’n beswaar van Zuma dat die staatsaanklaer, Billy Downer, hom steeds aankla al is Downer nou in ’n private vervolging in die beskuldigdebank met Zuma as aanklaer.Namibië se krieketspan het die magtige Sri Lanka met 55 lopies in die eerste wedstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi verslaan. Namibië het minder krieketspelers as Kimberley of Potchefstroom. Die Proteas se broeke bewe.“Suid-Afrika se amptelike reaksie op Rusland se inval in Oekraïne is ’n verleentheid en onvergeeflik. Ons regering het nie die intellek, verbeelding of moed nie om by sy Brics-vennoot aan te dring om uit Oekraïne pad te gee en die kwessie om die onderhandelingstafel op te los,” sê die akademikus/politikus Mamphela Ramphele.Vier mense is dood en 61 beseer ná ’n oproer en brand by Iran se berugte Evin-tronk, waar vele politieke gevangenes aangehou word. Die ongekende proteste ná die dood van Mahsa Amini in aanhouding omdat sy nie haar hidjab reg gedra het nie, het sy vyfde week binnegegaan.

Die weer vandag .....

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.