As die klippe dit uitroep en nog 5 goed wat jy vandag wil weet

DONDERDAG MET DEBORAH

As die klippe dit uitroep en nog 5 goed wat jy vandag wil weet

Soos gebruiklik is daar ons vyf dinge en vandag se weer; Willem Kempen probeer hom vergeefs inhou oor Markus Jooste, en Deborah Steinmair vertel die storie van 'n stokou klip.

Goeiemôre!

1. Die voormalige bedryfshoof van die SAUK Hlaudi Motsoeneng en agt lede van die openbare uitsaaier se bedryfskomitee het onregmatig opgetree toe hulle in 2016 altesaam 53 sogenaamde musieklegendes R500 000 elk betaal het, het ’n spesiale tribunaal dié week besluit. (Die man is skynbaar bossies en dink geld groei aan bossies.)

2. ’n Peiling deur Gallup World Risk Poll het bevind kommer oor klimaatsverandering het in die afgelope jaar oor die hele wêreld heen gekrimp, terwyl die bedreiging bly groei. Minder as die helfte van die mense wat ondervra is, het gereken klimaatsverandering hou binne die volgende 20 jaar ’n baie ernstige bedreiging vir hul lande in. (Denial is a river in Egypt.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.