Goeiemôre
Die oggend vloei soos gebreekte eiergeel oor die golwende loof van die Kwelera Botaniese tuin. 'n Walvis slaan die water uitbundig met sy stert. Drie keer ná mekaar. 'n Kanovaarder flits verby – 'n skelrooi splinter op 'n ysterblou see. Die kwikstertjies het 'n nes gebou in die groot blombak. Daar is drie kleintjies.
Die grond is nat onder my voete. Dit het gisteraand swaar gereën. Die laaste pronkertjies se koppe hang swaar van vog. Die papawers is ook dronkgeslaan. Die selfsaai-jakobregops kyk minagtend neer op dié brose snowflakes van die blomtuin – insluitend die skaam pers kosmos...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.