Goeiedag!
Bheki Cele besoek Diepsloot as deel van Operasie O Kae Molao. Dit beteken “waar is die reg”. Inwoners staak en dreig om alles tot stilstand te bring as pres. Cyril Ramaphosa hulle nie kom toespreek nie. Dit het begin toe ’n plaaslike pastoor in sy kerk doodgeskiet is tydens ’n rooftog. (Die mense is gatvol vir misdaad.)Brittanje het, soos hulle daar sê, 'n bullet gedodge. Boris Johnson het gisteraand aangekondig dat hy nie gaan probeer om weer eerste minister te word nie. Dalk kon hy nie sy kwota van 100 parlementslede agter hom gekry het nie, anders sou hy op 28 Oktober in ’n verkiesing deur Tory-lede teen Rishi Sunak te staan gekom het. Penny Mordaunt is die ander moontlike kandidaat. Johnson moes bedank nadat hy sy eie Covid-inperkingsreëls verbreek en daaroor gelieg het (Boris ’n leuenaar? Nee!). Sunak het die stryd om hom op te volg teen Liz Truss verloor, wat ná 45 katastrofiese dae bedank het. Mordaunt het derde in dié verkiesing gekom. Volgens die BBC het 146 LP's hulle agter Sunak geskaar, 57 agter Johnson en 24 agter Mordaunt. So dalk kry Brittanje sy eerste immigrant-premier – en multi-miljoenêr-premier. #DerdeWêreldProblemeDie Verenigde State se Kongres het ’n reeks beelde en video’s van “vreemde vlieënde voorwerpe” openbaar gemaak. (Die video’s was nie van Amerikaanse politici nie.)Die wêreld se grootste spinnekop, volgens Guinness-wêreldrekords, is ’n voëlvretende Goliat-spinnekopmannetjie (Theraphosa blondi) wat deel van die tarantula-familie is. Sy beenspanwydte is 28 sentimeter – so groot soos ’n eetbord. (Nie op ons spyskaart nie.)Elnaz Rekabi,’n Iranse sportklimmer (33), het Iran se streng kleredragkode verbreek deur sonder haar hidjab of kopdoek in Suid-Korea deel te neem. Natuurlik word sy nou deur die regime bedreig. (Ons het nie woorde nie.)
Deur die weer .....
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.