Oor Twitter en vrye spraak; ’n familie se smart; en 5 goed...

MAANDAG MET MAX

Oor Twitter en vrye spraak; ’n familie se smart; en 5 goed wat jy wil weet

Wat staan ons te doen as die onbelemmerde uitdrukking van mening en die verspreiding van inligting vryheid van spraak se grootste vyand word, vra Max du Preez. Hy skryf ook oor die dood van sy kleindogter Leila in ’n motorongeluk.

  • 31 Oktober 2022
  • Daagliks
  • 10 min om te lees

Goeiedag!

Die reëls oor swart bemagtiging by Eskom sal moet waai, anders gaan die energiekrisis in Suid-Afrika net vererger, sê Mteto Nyati, ’n nuwe lid van Eskom se raad en gewese hoofbestuurder van die tegnologiegroep Eltron.Bakgat, man, ou Blade. Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, het in die parlement gesê nadat sy departement regsadvies aanvaar het, is die besluit dat Afrikaans nie ’n inheemse taal is nie, omgekeer. #SitAfrikaTerugInAfrikaansIemand moet die uitdrukking “to get pissed” aan Stellenbosse manstudente verduidelik. Die derde Matie, dié keer van die koshuis Eendrag, is pas geskors omdat hy op die eiendom van ’n medestudent gepie het. Al drie voer dronkenskap as verskoning aan. #TransportdonkieCyril Ramaphosa moet aan die einde van die week sy verduideliking van wat presies met die diefstal van dollars by sy Phala Phala-plaas gebeur het, aan die onafhanklike paneel van oud-regter Sandile Ngcobo wat deur die Speaker aangestel is, verskaf. Die waarheid sal jou vrymaak, Cyril.Meer as 100 mense is in Mogadishu, Somalië dood nadat twee motorbomme ontplof het. In Seoel, Suid-Korea, het minstens 154 mense wat Halloween gevier het in ’n stormloop gesterf.

Hier’s ons weer .....

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.