Van lang skadu’s en kort humeure tot hoë pryse en lae verwagtinge

DIASPORA-DAGBOEK

Van lang skadu’s en kort humeure tot hoë pryse en lae verwagtinge

MERCIA BURGER skryf oor hoe sy met haar aksent in Amerika altyd meer sê as wat sy wil; MAX DU PREEZ skryf oor Lula da Silva wat Jair Bolsonaro in die Brasiliaanse presidensiële verkiesing uitgestof het; en dan is daar soos gewoonlik vyf goed wat jy vandag wil weet.

  • 01 November 2022
  • Daagliks
  • 7 min om te lees

Goeiemôre

1. Meer as 920 000 matrieks het gister hulle eindeksamen afgeskop met die eerste Engels-vraestel. Die klas van 2022 moes van die ergste ontwrigting van die Covid-pandemie oorkom om dit tot hier te maak. Vandag is onder meer ekonomie aan die beurt. (Sterkte!)

2. Internasionale markte het hulle gister gestaal vir hernude stygings in graanpryse nadat Rusland onttrek het aan ’n vroeëre ooreenkoms wat Oekraïne ten spyte van die oorlog toegelaat het om kos via die Swartsee uit te voer. ’n Vragskip met 40 ton graan wat glo vir Ethiopië bestem was, kon volgens Oekraïne nie die hawe verlaat nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.