Twee ingewings-van-die-oomblik en ’n WhatsApp-gesprek oor ’n ...

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE

Twee ingewings-van-die-oomblik en ’n WhatsApp-gesprek oor ’n nuwe begin

ANNELIESE BURGESS skryf oor hoe sy die regte foto vir die verkeerde groep gestuur het, oor ’n nuwe begin, en gee wenke vir 'n diep kultuur.

Goeiemôre

Ek word wakker in 'n gastehuis in Melville in Johannesburg. Die krag is af. Ek soek dringend koffie. Covid se stempel is duidelik op Sewende Straat afgedruk. Dit voel soos Mogadishu en ruik na urine en jasmyn. Daar's nêrens meer 'n lekker brekfis-plek nie. Ek kap links in die rigting van waar ek die vorige dag 'n oorlewende restaurant gewaar het.  

Oorkant is 'n tatoeëerplek. Ek stap op die ingewing van die oomblik in. Die man agter die toonbank gee vir my 'n stuk papier en sê ek moet die woorde wat ek op my arm wil laat brand neerskryf, dan kry hy alles reg. Ek gaan eet iets by Picobella. Die sous oor die eiers is beslis nie hollandaise nie. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.