Tange en toonnaels (en om ’n flitsie te kan vashou)

DONDERDAG MET DEBORAH

Tange en toonnaels (en om ’n flitsie te kan vashou)

PIETER VAN DER MERWE sê om te praat gaan nie die ligte laat aanhou brand nie, DEBORAH STEINMAIR tel stories op in klein dorpies, en daar is weer vyf goed wat jy vandag wil weet.

  • 24 November 2022
  • Bulletins
  • 8 min om te lees

Goeiemôre!

1. Meer as 13 000 sake van aanranding op vroue met die doel om ernstig te beseer is van Julie tot September vanjaar by die polisie aangemeld, blyk uit die polisie se kwartaallikse bekendmaking van misdaadsyfers. Verkragtingsake geopen: meer as 10 000, waarvan 1 651 in openbare plekke was. (Daar was natuurlik nie net 10 000 verkragtings nie, wel 10 000 gevalle waar iemand die moeite gedoen het om dit aan die polisie te rapporteer.)

2. Die Gautengse departement van gesondheid het ’n interdik bekom om stakende werkers by onder meer die Chris Hani Baragwanath- en Sebokeng-hospitale te probeer keer om gesondheidsdienste te ontwrig, niestakende werkers te intimideer, eiendom te beskadig of toegangspunte te versper...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.