Die prioriteit is SA, nie CR nie

MAANDAG MET MAX

Die prioriteit is SA, nie CR nie

MAX DU PREEZ skryf oor Phala Phala en die aanslag op ons demokratiese orde. Hy hoop Cyril Ramaphosa gaan aanbly as president tot ons wéét wat werklik gebeur het eerder as om net na skinderstories te luister. Dan skryf Max ook oor die vooruitsig van Michelin-klas-kos op Air France. En soos gewoonlik is daar vyf goed wat jy vandag wil weet.

  • 05 Desember 2022
  • Daagliks
  • 12 min om te lees

Goeiedag!

1. Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC vergader vandag om die verslag van die paneel van oudregter Sandile Ngcobo oor pres. Cyril Ramaphosa se betrokkenheid by die Phala Phala-skandaal te bespreek. Daar is gisteraand aangekondig dat Ramaphosa vandag ’n dringende hofaansoek gaan bring om die verslag te laat hersien. Die parlement is veronderstel om môre te sit om die verslag te aanvaar of te verwerp.

2. Chris Hani se moordenaar, Janusz Walus, gaan dalk later vandeesweek uit die Kgosi Mampuru-gevangenis vrygelaat word. Hy word in die hospitaal behandel nadat hy deur ’n medegevangene, met wie hy 10 jaar lank ’n seleenheid gedeel het, met ’n mes gesteek is. Die aanvaller is na bewering Samuel Madonsela, ’n gewese MK- en SANW-soldaat, wat ’n lewenslange vonnis uitdien weens die moord op ’n kolonel in die lugmag en poging tot moord op nog ’n kolonel. Walus se prokureur, Julian Knight, sê dit is duidelik dat Walus nêrens in Suid-Afrika veilig gaan wees nadat hy op parool vrygelaat is nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.