Goeiemôre
1. Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, sê Phala Phala sal nie bespreek word wanneer die party môre en oormôre sy nasionale kongres in Mangaung in die Vrystaat afhandel nie. Sekere beleidsake is nie in Desember by Nasrec afgehandel toe Cyril Ramaphosa as president van die ANC herkies is nie.
2. Die politieke temperatuur in die Midde-Ooste het gister verder gestyg met die besoek van Israel se nuwe minister van nasionale veiligheid, Itamar Ben Gvir, aan die Al-Aqsa-moskeekompleks, waar onder meer die Tempelberg (Temple Mount) ook is. Die Tempelberg word deur Jode, Christene sowel as Moslems as ’n heilige plek van aanbidding beskou. Die besoek is deur onder meer Hamas, die Palestynse Owerheid, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate as ’n doelbewuste provokasie veroordeel. Koning Abdullah II van Jordanië het vroeër ook gewaarsku dat enige verandering aan gelowiges se toegangsregte tot plekke van aanbidding tot hernude konflik kan lei...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.