Gholf saam met Cyril is jou beste kans vir beter paaie

DONDERDAG MET DEBORAH

Gholf saam met Cyril is jou beste kans vir beter paaie

DEBORAH STEINMAIR gee 'n kopknik aan 'n ontslape skrywer en WILLEM KEMPEN skryf oor die ANC se vendusie van politieke osse. En oudergewoonte vyf goed wat jy vandag wil weet.

  • 05 Januarie 2023
  • Daagliks
  • 8 min om te lees

Goeiemôre!

1. Daar is nie ’n krisis in die regering nie, maar dit sou “roekeloos” van pres. Cyril Ramaphosa wees om nie veranderings aan sy kabinet aan te bring nie, het Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, gister op ’n mediakonferensie gesê. Huidige adjunk-ministers soos Sidumo Dlamini, Alvin Botes, Dikeledi Magadzi en Candith Mashego-Dlamini is nie weer tot die ANC se nasionale uitvoerende komitee verkies nie, wat tradisioneel beteken dat hulle ook uit hulle posisies in die regering verwyder sal word.

2. Die land is terug in minstens fase 3-beurtkrag nadat nog twee van Eskom se opwekkingseenhede gister onklaar geraak het en ’n derde een nog nie ná beplande onderhoud weer in diens gestel kon word nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.