Klein gesprekke oor groot goed

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

Klein gesprekke oor groot goed

ANNELIESE BURGESS deel 'n lukrake lys van 15 alledaagse gelukkighede, 'n gunsteling-gedig en haar gebruiklike Sondag-aanbevelings oor alles en nog wat.

Goeiemôre

Dit storm is hier. Ek lê in my bed en kyk hoe die dag stadig deur die venster breek. Eers 'n ragfyn borduurwerk van die fyn boomtoppe wat teen die lig sigbaar raak. Maar uiteindelik 'n bewegende skildery van woeste groen hale teen die opkomende son. Die wind is vanoggend so wild dat selfs my vroegoggend-vriende, die trop hiperaktiewe blou apies, iewers wegkruip.

Naweke stap ek saam met my vriendin Emma. Ons Vrydagroete neem ons padlangs, seelangs, boslangs, strandlangs, tot by die rotspoel waar ons hierdie week vinnig met die honde geswem het. Saterdae en Sondae doen ons die moeiliker kringloop op 'n naburige boer se plaas. Sonbesies en nukkerige Nguni-beeste. Bloekombome. Vee. Dammetjies met waterlelies. En my gunsteling-deel – die ruie bos langs die Gonubierivier. (Vandag, met dié wind, gaan ons beslis nêrens heen nie)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.