Ramaphosa se ‘solidariteit’ met Palestyne vergoeilik nie...

MAANDAG MET MAX

Ramaphosa se ‘solidariteit’ met Palestyne vergoeilik nie terrorisme nie

Pres. Cyril Ramaphosa moes Hamas se wreedheid teenoor Israelse burgerlikes verdoem het, maar hy sien min fout met sy verklaarde solidariteit met die mense van Palestina, veral omdat hy dit duidelik gemaak het dat hy – anders as Hamas – ten gunste van ’n tweestaatoplossing is, skryf MAX DU PREEZ. Hy meen ook ons spesie boer agteruit met spiritualiteit. Soos gewoonlik is daar sewe goed wat jy vandag wil weet.

  • 16 Oktober 2023
  • Daagliks
  • 11 min om te lees

Goeiedag!

1. Die nasionale bui het laat gisteraand met 50 basispunte gestyg. In een van die spannendste kwarteindronde-uitspeelwedstryde in die Wêreldbekerrugby-toernooi se geskiedenis het die Springbokke die gasheerland, Frankryk, met 29 – 28 uitgeskakel. Die reus op die veld was Eben Etzebeth, met Cheslin Kolbe, Damian de Allende, Jesse Kriel en Kurt-Lee Arendse wat meer as hulle kant gebring het. En Handré Pollard het ’n baie lang strafskop oorgeskop om die Bokke te laat voorloop. Allez allez vir die halfeindronde!

2. Transnet het nuwe lede vir sy raad begin werf en gaan dié week ’n omvattende omkeerplan aan die regering voorlê. Die inploffing van Transnet word deels vir die swak ekonomiese groei geblameer. Popo Molefe, nie-uitvoerende direkteur, het die naweek bedank, kort ná die bedanking van die hoofbestuurder, Portia Derby, en die finansiële hoof, Nkululeko Dlamini...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.