Dis nie ons kerk se mense nie, Ouma

SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR

Dis nie ons kerk se mense nie, Ouma

Van vandag af is ons boekeredakteur op Saterdae aan die woord. Om jou ’n blaaskans te gee van harde nuus, bekyk sy die planeet in die geluksalige vrede van die naweek.

NAWEKE bied ledige ure om te besin oor boeke en mense. Woorde. En in my wêreld is daar elke dag gedigte, ook op 'n Saterdag.

Ek dink aan my ouma. My ouma was my mens. Van al die grootmense was sy die een soos wie ek wou wees. Outentiek. Nie sexy, glamorous, cool of stylvol nie. Sy het soos ’n krimpvarkie gelyk: ronde lyfie in stywe crimplene, dun arms en bene, stokkerige grys hare, bril en valstande. Altyd aan die woeker en werk, terwyl sy onder haar asem Halleluja’s sing. Sy was ’n Israeliet sonder bedrog.

Sy het die Bybel ontelbare male gelees en kon vers en kapittel aanhaal. Die 1933-vertaling. Aan haar knie het ek Jesus as my Heiland aangeneem en uitgesien na ’n stad met fondamente, waarvan Christus die boumeester en oprigter is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.