Van verdunde diesel tot 188 gekaapte geboue in Joburg

DINSDAG MET ANESCA SMITH

Van verdunde diesel tot 188 gekaapte geboue in Joburg

Nie almal wil wit wees nie, skryf ANESCA SMITH nadat doeanebeamptes haar bagasie vir skin lighteners deursoek het. WILLEM KEMPEN wonder wie die gevaarlikste mens in die ANC is, en soos gewoonlik is daar sewe dinge wat jy vandag wil weet.

  • 23 Januarie 2024
  • Daagliks
  • 8 min om te lees

Goeiemôre!

1. Die polisie ondersoek 'n klag van aanranding teen Ace Magashule en sy lyfwagte ná 'n voorval Saterdag in Meloding in Virginia waarin 'n man toegetakel is nadat hy glo 'n T-hemp van die African Congress for Transformation (ACT) terug na die voormalige Vrystaatse premier gegooi het. Die klaer is deur Netwerk24 geïdentifiseer as Morakabi Moletsane, wat sê Magashule het hom “heel eerste geslaan" en dat hy in die hospitaal opgeneem moes word vir behandeling. Magashule, president van die ACT, ontken dat hy teenwoordig was.

2. Die ekonoom Thabi Leoka het uit die direksie van Anglo American Platinum bedank te midde van vrae oor of sy werklik 'n PhD van die London School of Economics (LSE) het. Die LSE sê geen stawing van so 'n kwalifikasie kan opgespoor word nie. Leoka se gesondheid speel glo ook 'n rol en sy word tans in die VSA vir gloukoom behandel, het News24 berig. Leoka is ook 'n lid van die presidensiële ekonomiese adviesraad. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.