Prinses Catherine, los die strewe na eksie-perfeksie

DINSDAG MET ANESCA SMITH

Prinses Catherine, los die strewe na eksie-perfeksie

ANESCA SMITH raai Catherine aan om nie ‘Prinses Perfek' te probeer wees nie.

Byna met ’n perverse genot het ons – van die media tot die gewone volk – mekaar die naweek sleggesê oor hoe ons “jag gemaak het” op die Britse prinses, Catherine, in die aanloop tot die aankondiging oor haar siekte. Die wilde gerugte oor waarom sy skielik uit die openbare oog verdwyn het. Ons moet ons koppe in skaamte laat hang.

(En moet haar in hemelsnaam asseblief nie Kate Middleton noem soos vóór sy met prins William getrou het nie, herinner aanhangers van die koninklike familie ons gereeld. Sy is Catherine, Prinses van Wallis.)

Ek wens Catherine veel sterkte toe vir die stryd teen kanker wat sy tans voer. Al het ek nie deelgeneem aan die gerug-verspreiding nie, is ek natuurlik ’n nuusverbruiker, soms selfs van die geelpers, hoewel ek dit grootliks probeer vermy – behalwe wanneer ek my oë wil rol oor hulle absurditeite...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.