Hier rond is selfs motorongelukke nou al heeltemal geprivatiseer

WOENSDAG MET WILLEM

Hier rond is selfs motorongelukke nou al heeltemal geprivatiseer

WILLEM KEMPEN vertel van 'n motorongeluk waarin die staat in sy afwesigheid geskitter het.

EEN aand 'n paar weke gelede bel 'n vriend van ons om te vra of ek hom en sy meisie kan kom oplaai; hulle was in 'n botsing en sy kar is onkapabel. Sy het haar kop gestamp en hy sy knie, maar andersins is daar nie beserings nie. Die ou in die ander kar is ook oukei, sê hulle.

Op pad na die toneel kan ek al van ver af die flitsende ligte van verskeie noodvoertuie sien. Rooies, wittes en oranjes, maar niks bloues nie.

Ek parkeer 'n entjie weg en stap na die kruising. Die twee karre wat in die botsing was, staan nog waar hulle tot stilstand gekom het. Al die insittendes en verskeie ander mense staan tussen die karre rond. Hulle word aan drie kante van aankomende verkeer afgeskerm deur: Twee minibus-ambulanse en 'n bakkie van 'n paramediese maatskappy; twee reaksievoertuie van 'n plaaslike sekuriteitsdiens wie se kantore net 'n blok weg is; een insleepvoertuig van 'n plaaslike paneelklop-besigheid, twee spoggerige wit dubbelkajuit-bakkies met AfriForum se logo op die deure. Geen teken van die verkeerspolisie of die gewone polisie nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.