Vlieg bied (soms) rus vir die siel

DONDERDAG MET MERCY

Vlieg bied (soms) rus vir die siel

MERCY KANNEMEYER worstel met morele dilemmas soos om jou toonnaels in die wolke te knip.

Van die grootste morele debatte van ons tyd speel af in vliegtuie. ’n Vliegtuig bied die ideale broeikas vir misverstande, konflik, self-twyfel en, natuurlik, ongemak. Myns insiens is vlieg selde ’n aangename ervaring. Jy sit so naby aan vreemdelinge. Geen oop venster vir suurstof nie.

My ergste vliegtuig-ervaring was toe ’n man skuins voor my gesit en … wag daarvoor … sy toonnaels geknip het!!! Wie de fok sit en knip hulle naels op ’n vliegtuig en los dit net so dat die naels oral val? Ek was op ’n kol so naar ek het amper die kaptein loop vra om die vliegtuig om te draai.

Op ’n ander vlug sit ek langs ’n vrou. Met die intrapslag lyk niggie toe sommer al so bleek. Die lugwaardinne is skaars klaar met hulle toertjies met die suurstof, life jacket en handgebare, of daar beval ’n angsaanval vir niggie soos nog nooit vantevore gesien nie. Ek het nie geweet of ek moes roep om hulp of beginne bid nie. Danksy my drama-opleiding ken ek darem so ’n ding of drie van asemhalingstegnieke, wat help met die nerwe. En ek begelei die bleek enetjie daar in ry 17 deur ’n asemhalingsoefening sodat haar bloed net weer deur haar liggaam kan vloei...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.