Aya Nakamura: Op pad na ’n meer verdraagsame samelewing

DINSDAG MET ANESCA SMITH

Aya Nakamura: Op pad na ’n meer verdraagsame samelewing

ANESCA SMITH skryf oor 'n sanger se Olimpiese Spele-rol vir 'n meer verdraagsame samelewing.

Dit sou niemand ontgaan het toe die Franse sokkerspan in 2022 die eindstryd van die Wêreldbekersokkertoernooi teen Argentinië gehaal het nie: die meeste lede van die span was swart, insluitend hulle beste speler, Kylian Mbappé.

Op Twitter het dit gewemel van die grappies. “Die eerste span uit Afrika wat die eindstryd haal,” is daar gespot. Trouens, toe Frankryk in 2018 die toernooi wen, het Trevor Noah al van hom laat hoor: “I get it, they have to say it's the French team. But look at those guys. You don't get that tan by hanging out in the south of France, my friends.”

In Frankryk self is daar geen bohaai gemaak oor die spelers se Afrika-agtergrond nie. Hulle was Frans en klaar. Daar was selfs 'n bietjie verontwaardiging oor Noah se soort grappies. Dit sou 'n gebrek aan waardering toon vir die vordering wat al oor die jare gemaak is met die integrasie van immigrante in Frankryk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.