Konserwatiewe Amerikaners gaan rooi sien in November

WOENSDAG MET WILLEM

Konserwatiewe Amerikaners gaan rooi sien in November

WILLEM KEMPEN wonder oor die betekenis van aanvallige vroue op 'n almanak vir regse Amerikaners.

Ek het bitter lanklaas die geleentheid gehad om die woord “almanak" te gebruik, maar hier is dit nou, met vergunning van die Culture Wars in Amerika.

Hier by ons was almanakke ook eens kultuurgoedere en 'n geleentheid om jou identiteit te verkondig, daarom dat mens selde vir jouself een hoef te gekoop het – tussen die Moedergemeente en Oom Tollie se Slaghuis het hulle oor mekaar geval om minstens vir 'n jaar lank daardie waardevolle stukkie real estate aan die kant van jou koelkas hulle eie te maak, hetsy om beloftes van varsheid en gehalte of die ewige lewe en die tye van die eredienste te bemark.

Op minder beleefde plekke, soos teen die gaatjiesbord waaraan die plaaslike garage se mechanics hulle spanners en ander goeters hang, sou dit 'n Battery Centre of 'n Castrol GTX wees wat meeding om 'n jaar van jou aandag. Hulle reps sou vroeg elke Desember die volgende jaar se almanak kom uitdeel; van die soort waarna die manne reikhalsend kon uitsien. Op die tipiese almanak van 'n besigheid wat karbatterye verkoop het, sou daar min ruimte vir visuele dubbelsinnigheid wees, selfs al het dit by geleentheid gelyk of albei die betrokke model se pole positief gelaai was. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.