Moenie in Joburg liefde kom soek nie, kom soek na jou menswees

DONDERDAG MET MERCY

Moenie in Joburg liefde kom soek nie, kom soek na jou menswees

MERCY KANNEMEYER verklap een van Johannesburg se bes bewaarde geheime.

Johannesburg het vinnig een van my gunsteling-plekke geword. Nou kyk, dit was nie maklik nie. Toe ek pas hier geland het, had ek geen idee wat met hierdie plek aangaan nie. Vir diegene wat nog nooit die mooie, skone (haha, ek jok) Johannesburg besoek het nie, hier volg ’n opsomming.

Absoluut niks werk nie. Die paaie is vol slaggate. Die verkeersligte lê onderstebo van stukkendgeit. Die krag gaan af en dan bly dit sommer af. Ons kyk nie meer na wanneer ons beurtkrag het nie, ons kyk eerder na wanneer ons wel elektrisiteit het en handhaaf ons kraggebruik daarvolgens. Die water. Shame. Ek weet nie hoe dit gekom het dat selfs ons water nie werk nie. Ek maak mos eendag die fout om die krane oop te draai sodat ek kon hoor wanneer die water terugkom. Nou kyk, dit was minute, ure en toe uiteindelik dae! Skoon vergeet ek het die krane oopgelos. Die aand toe Randwater ons verras met water … wel, onnodig om te sê – ek moes met gumboots in my huis rondloop. Maar hey, ten minste het die water teruggekom.

Selfs verhoudings of vlerksleep is anders hier. Daar’s mos daai meme wat sê dat menige mens die fout maak om te dink dat hulle liefde in Gauteng gaan vind. Gauteng is vir besigheid. Wat myns insiens vlerksleep so bietjie kompliseer hier bo, is eerstens hoe droog die lug is  en dan die hoeveelheid opsies wat ’n mens hier het. Jy kan vyf dae per week na dieselfde kroeg toe gaan (wat ek al gedoen het vir navorsingsdoeleindes, nudge nudge wink wink), en jy gaan elke dag iemand anders by daardie einste kroeg ontmoet...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.