Entstof-onnoselheid laat oorwonne siektes weer kop uitsteek

DINSDAG MET ANESCA SMITH

Entstof-onnoselheid laat oorwonne siektes weer kop uitsteek

ANESCA SMITH skryf oor ’n uitbraak van onnoselheid in Nederland.

’n Onverwagse nasleep van die COVID-19 pandemie het kop uitgesteek in Nederland: ’n uitbraak van onnoselheid.

Mense wat weier dat hulle kinders teen siektes soos masels, polio, kinkhoes, pampoentjies en Duitse masels ingeënt word. Die gevolge? Opeens is daar ’n kommerwekkende styging in hierdie ouwêreldse siektes terwyl dit maklik voorkom kon gewees het. Vier babas het al die afgelope jaar aan kinkhoes gesterf.

Toe ek einde 1976 gebore word sou my moeder nie daarvan droom om my nié te laat inent teen hierdie siektes nie. Sy het grootgeword in ’n huishouding van agt kinders waarvan die jongste seun, my oom, polio gekry het. Hy is in 1956 gebore en ek neem aan dit was nog nie moontlik om in Suid-Afrika ingeënt te word nie of miskien was dit nie so toeganklik nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.