Biegrede van ’n kulturele veganis

WOENSDAG MET WILLEM

Biegrede van ’n kulturele veganis

WILLEM KEMPEN verken die moontlikhede van kulturele veganisme.

Selfs die afvalliges spot nie meer dat die afkorting “C.H.O." eintlik vir Chips, Hamburgers en Ontug staan nie. Dis nie meer nodig om daaroor grappies te maak nie, want niemand noemenswaardig verwys meer amptelik na hulleself as kruisvaarders vir Christelike Hoër Onderwys nie. En in elk geval is almal dit deesdae eens dat Die Eet van Vleis in die vorm van hamburgers 'n groter sonde is as om jou buurman se esel of diensmaagd te begeer, if ever that was a thing.

Tog sien mens nog dikwels die nasate van CHO en sy jonger boetie, Christelike Volkseie Onderwys, iewers rondhardloop (hulle onderskeie gades is natuurlik mede-verantwoordelik vir die aanwas).

Die kompulsiewe gewoonte om alles te wil oop- en toe-bid het byvoorbeeld nog steeds nie uitgesterf nie. So vertel iemand my hoe hy onlangs sit en kyk hoe 'n Indiër-pa en -ma ook maar deur die Bybelse Skriflesing en Gebed moes worstel voordat hul kind sy staatsgesubsidieerde graad by 'n plaaslike universiteit kon kry. (Dalk was Pa en Ma kulturele Christene of so iets, wie weet?)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.