Hier’s vir jou ’n vrypeperment

SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR

Hier’s vir jou ’n vrypeperment

Ons boekeredakteur skryf vir jou 'n liefdesbrief, vertel van Vrye Tyd en Boeke, en deel 'n grap en 'n gedig.

In my hart wapper jou vlag

Ek het so lanklaas vir jou geskryf. Skielik is dit 2024. Het ek nog iewers in ’n laai van daardie dun, blou lugpospapier? Geriffel soos ’n ui se skil. Par Avion. Bestaan lugpos of die poskantoor nog? Waar koop ’n mens seëls en hoeveel plak jy op? My spoeg droog byvoorbaat op. My handskrif het uitgesterf weens onbruik. Ek kan nooit ’n pen opspoor nie. Hurk daar nog ’n geroeste posbus by jou tuinhekkie, vol natgereënde pamflette van Mr Delivery en brosjures van eiendomsagente? Kyk jou soms daarin?

Ons praat gereeld, maar dis meestal in my kop. Ek wil jou in swart op wit laat weet dat jy in elke kamer van my hart kom plak het, met al jou bagasie en die bokse wat jy saamsleep soos ’n pakrot. Dat ek jou sien. Jou wese is ’n huis met baie wonings, minimalisties, luuks, vol lig en skoon vlakke. Geen kartondose daar nie. Die wete dat jy en ek dieselfde planeet en era bewoon laat my elke dag met ’n wilde vreugde wakker word, soos ’n lastige laggerigheid in die kerk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.