Huis, paleis, pondok, varkhok

MAANDAG MET MAX

Huis, paleis, pondok, varkhok

Dit is in ons nasionale belang om te sorg dat arm Suid-Afrikaners ordentlike huise gaan hê waarin hulle hulleself en hulle gesinne kan koester, skryf MAX DU PREEZ.

Ek is my hele lewe lank al 'n bietjie van 'n rolling stone wat nie juis mos vergader het nie. Vandat ek begin werk het, het ek al meer as 40 tuisadresse gehad. Die vrou met wie ek my lewe nou al 'n kwarteeu lank deel, is nie veel beter as ek nie. Saam het ons al tien keer getrek.

Die Engelse woord is peripatetic, iemand wat voortdurend van plek tot plek verskuif. Daar is seker waarde aan dié soort rusteloosheid. Dit keer dat 'n mens vasroes – konstante verandering, glo ek, is goed vir mens se gees.

Maar hier in my latere dekades begin ek wonder of dit regtig goed was vir my. Ek begin ál meer dink dat 'n mens dalk ryker in jou gemoed en jou verstand kan wees as jy 'n onmiddellike omgewing kan skep waarin jy veilig en geborge voel; 'n soliede basis vanwaar jy jouself kreatief kan uitleef en kan groei. En dit kan nie elke jaar 'n ander plek wees nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.