Daai ander ding wat in 1994 gebeur het

WOENSDAG MET WILLEM

Daai ander ding wat in 1994 gebeur het

WILLEM KEMPEN onthou die ánder groot nuusgebeurtenis van 1994.

Die Nuwe Suid-Afrika – daai tyd is dit nog soms met 'n hoofletter geskryf – was in Junie 1994 nog nie eens twee maande oud nie toe ons een Vrydag regstreeks saam met die res van die wêreld op CNN kon toekyk hoe twee swart mans in 'n wit Ford Bronco stadig op Interstate 405 in Los Angeles voortkruie. Voor en agter hulle, 'n menigte swart-en-wit polisiekarre met loeiende sirenes en flitsende ligte. Nog polisiemanne op motorfietse, en wie-weet-hoeveel polisie- en media-helikopters wat om en om dié bisarre toneel sirkel. Langs die snelweg het duisende mense gestaan en wag dat die konvooi by hulle verbybeweeg nadat hulle dit op televisie begin volg het.

Dié vlugtog van OJ Simpson, wat verlede week dood is, en sy vriend AC Cowlings, wat die Bronco bestuur het, was die geboorte van 'n duisend oordrywings, kan mens waag om te sê.

Dit was “the low-speed live car chase of the century", as dít enigsins sin maak. Die Bronco was “perhaps the most infamous vehicle of the late 20th century". Die latere hofsaak was die “trial of the century". Die staatsaanklaers se besluit om die beskuldigde die bebloede handskoene wat op die moordtoneel gevind is in die hof te laat aanpas, was volgens OJ se een prokureur Alan Dershowitz “the greatest legal blunder of the 20th century”. Die saak se “most famous words" is herhaaldelik deur die verdediging se Johnnie Cochran gespreek, oor die handskoene in sy slotbetoog aan die jurie: “If it doesn't fit, you must acquit.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.