’n Meesterstuk, so hoekom is dit nie so lekker om te kyk nie?

DONDERDAG MET LAUREEN

’n Meesterstuk, so hoekom is dit nie so lekker om te kyk nie?

LAUREEN ROSSOUW meen lewensgetrou is nie noodwendig meer genietbaar nie.

Wanneer ek die vrae in “15 vrae” vra, ons Vrye Tyd-afdeling se guilty pleasure, hoop ek altyd vir ’n embarrasserende of ten minste polities inkorrekte antwoord, maar dis gewoonlik wensdenkery – nie baie mense gaan hulleself op ’n openbare platform ontbloot nie.

Die konsep van 'n guilty pleasure is ook outyds. Deesdae voel mense oor niks (behalwe suiker) skuldig nie. Die vraag is eintlik wat wil jy nie hê ander mense moet van jou weet nie, soos byvoorbeeld André P. Brink wat Sewende Laan gekyk het of my aanmatigende BMus-huismaat wat soggens na Demis Roussos geluister het as ek werk toe gaan. (Ek het self 'n Spotify playlist wat met my dood uitgewis moet word.)

My grootste guilty pleasure van die afgelope paar jaar is die fliek The Talented Mr. Ripley. Ek het dit al hoeveel keer in helder daglig gekyk. Sodra almal by die huis uit is, trek ek die gordyne toe en kyk na die 2 uur en 19 minute van pure plesier met die 25-jarige Matt Damon se horingraambril en seuntjiegesiggie as Tom Ripley op die Amalfi-kus...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.