Iewers rondom 2018 ontwikkel ek ’n obsessie met Westerns – lank ná die genre se heyday natuurlik, maar voor Beyoncé se album Cowboy Carter. Met ander woorde, neo-Westerns.
Soos die Coen-broers se The Ballad of Buster Scruggs, The Power of the Dog, Quentin Tarantino se The Hateful Eight, Hell or High Water en reekse soos The English. Laasgenoemde – waar die helde ’n inheemse Indiaan en ’n Engelse vrou met sifilis is – is die vergestalting van ’n nagmerrie wat ek soms kry oor 'n Suid-Afrika wat uiteindelik in totale wetteloosheid verval. ’n Uitgestrekte landskap van misdaad waarin niemand jou hoor skreeu of in staat is om jou te help nie.
Maar my gunsteling is die Australiese Sweet Country van die regisseur Warwick Thornton. Oor ’n inheemse man wat voortvlugtig is nadat hy beskuldig word van die moord op ’n kolonis wat sy vrou verkrag het. Een van die artistieke keuses wat Thornton – self ’n Aboriginal – gemaak het, is om die ganse film sonder musiek te laat afspeel. Die gevolg is dat jy slegs die natuur hoor: die stilte van die Australiese woestyn, die wind, die land se nuwe nuwe bewoners wat met hamer, spyker en saag stadig maar seker die land onteien...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
DINSDAG MET ANESCA SMITH
Donker kant van Nederland se Goue Eeu word belig
In Desember verlede jaar het die Nederlandse regering vir die eerste keer amptelik verskoning aangebied vir sy slawerny-verlede, skryf ANESCA SMITH.
Deel
Iewers rondom 2018 ontwikkel ek ’n obsessie met Westerns – lank ná die genre se heyday natuurlik, maar voor Beyoncé se album Cowboy Carter. Met ander woorde, neo-Westerns.
Soos die Coen-broers se The Ballad of Buster Scruggs, The Power of the Dog, Quentin Tarantino se The Hateful Eight, Hell or High Water en reekse soos The English. Laasgenoemde – waar die helde ’n inheemse Indiaan en ’n Engelse vrou met sifilis is – is die vergestalting van ’n nagmerrie wat ek soms kry oor 'n Suid-Afrika wat uiteindelik in totale wetteloosheid verval. ’n Uitgestrekte landskap van misdaad waarin niemand jou hoor skreeu of in staat is om jou te help nie.
Maar my gunsteling is die Australiese Sweet Country van die regisseur Warwick Thornton. Oor ’n inheemse man wat voortvlugtig is nadat hy beskuldig word van die moord op ’n kolonis wat sy vrou verkrag het. Een van die artistieke keuses wat Thornton – self ’n Aboriginal – gemaak het, is om die ganse film sonder musiek te laat afspeel. Die gevolg is dat jy slegs die natuur hoor: die stilte van die Australiese woestyn, die wind, die land se nuwe nuwe bewoners wat met hamer, spyker en saag stadig maar seker die land onteien...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Anesca Smith
JoernalisAnesca Smith was vroeër politieke joernalis by Die Burger en Londense korrespondent vir Media24. Sy woon sedert 2013 in Nederland, waar sy 'n klein onderneming het.