Shakespeare en die rotte van Harties

WOENSDAG MET WILLEM

Shakespeare en die rotte van Harties

WILLEM KEMPEN wonder hoe die land se straatsmouse hulle produkte kies.

Daar kom 'n tyd dat mens dankbaar is vir een van daai smouse by die padkruisings by wie jy 'n koeldrank of iets te peusel kan koop terwyl jy wag dat die verkeersknoop homself ontstrengel of die polisie klaar opgeruim is aan die toneel waar iemand 'n halfuur tevore 'n transito-lorrie van sy vrag bevry het.

Ander kere weer kan ek nie help om te wonder hoe die smouse op hulle produkreekse besluit nie. Ek bedoel, hoe standhoudend kan die mark nou eintlik wees vir opblaas- Power Rangers of Spidermans of daai klippe waarmee sommige mense glo hulle hakskene skuur?

En dit kom en gaan in sulke fases; die een dag is dit 'n arm vol selfoonkabels, dan weer daardie outydse vlieërs met net een tou wat die verkoper nog boonop regkry om in die lug te hou terwyl hy kleingeld uitkeer vir 'n koper wat nie 'n saak het met al die karre wat agter hom opdam nie. 'n Rukkie terug kon jy selfs 'n lewensreddingsbaadjie vir jou kleuter by jou naaste verkeerslig koop, maar dié gier het ook gou oorgewaai, hopelik omdat genoeg ouers besef het dis nie die soort produk waarop jy geld moet probeer bespaar nie. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.