Neau wat maak die Franse daar?

WOENSDAG MET WILLEM

Neau wat maak die Franse daar?

WILLEM KEMPEN sien uit na wat die Franse nog alles gaan aanvang voordat die Olimpiese Somerspele einde Julie in Parys begin.

Oor minder as drie maande begin die Olimpiese Spele, die Jeux de la XXXIIIe Olympiade, in Parys. Ek sien vreeslik uit daarna, ook omdat die Franse reeds aan die opleef is aan hulle reputasie as skuinsneukers en dwarstrekkers. So byvoorbeeld het van die werkers by die nasionale munt, waar die medaljes vir die Spele vervaardig word, 'n paar weke gelede 'n staking uitgeroep, soos die Franse nou maar doen.

Die rede? Hulle wil ook die spesiale Olimpiese bonusse betaal word wat die regering aan die polisie en ander werkers in die staatsdiens gee – om te probeer keer dat hulle tydens die Spele staak.

Terselfdertyd is daar nie 'n gebrek aan ambisie nie. Die plan is dat die openingseremonie op 26 Julie gaan begin met 'n flottielje van 90 bote wat die meeste van die altesame 10 500 Olimpiese atlete al met die Seinerivier langs na die Jardins du Trocadéro gaan vervoer. Dit kan 'n skouspelagtige sukses wees, maar ook potensieel die grootste Franse verleentheid op water sedert Trafalgar in 1805...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.