Wat van ’n Zuma vir jou vuil vloere?

WOENSDAG MET WILLEM

Wat van ’n Zuma vir jou vuil vloere?

WILLEM KEMPEN is opgewonde dat hy dalk nooit weer 'n mop sal hoef te koop nie.

'n Rukkie terug kry ek opdrag om 'n nuwe mop vir die huishouding te gaan aanskaf. Dis nie so 'n maklike taak soos dit dalk klink nie, want die voornemende koper van 'n mop, ook genoem 'n dweil of selfs meer onverwags 'n “poetsbesem", word met 'n wye verskeidenheid van style en ontwerpe en bowenal pryse begroet.

Maar ek is gelukkig ook geen gewone mop-koper nie, want ek ken danksy die fliek Joy die lewensverhaal van Joy Mangano, die New Yorkse huisvrou wat in 1990 die Miracle Mop ontwerp het en 'n hele sake-empire daarop gebou het.

Die Miracle Mop was mopologies gesproke ongetwyfeld 'n enorme stap vorentoe (kyk gerus hier (https://youtu.be/bdZV1wtvvLg?si=UKakd0OdsEwqVFTr)), maar dit alleen was g'n waarborg van kommersiële sukses nie. Eers moes Joy (in die fliek gespeel deur Jennifer Lawrence) haar pad vind oor 'n duisend vuil vloere bevlek met gierige vennote, jaloerse mededingers en skelm leweransiers. Maar uiteindelik was die Miracle Mop onstuitbaar en het Joy miljoene van hulle verkoop...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.