Skuifel, skuifel. En die Groot Gelykmaker

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

Skuifel, skuifel. En die Groot Gelykmaker

ANNELIESE BURGESS vertel van 'n (belaglike) vertoon van privilegie deur 'n minister. Sy deel ook 'n gedig en haar gebruiklike dit-en-dat aanbevelings.

Goeiemôre

'n Lughawe se sekuriteitsry is die Groot Gelykmaker. Behalwe vir mense wat meer gelyk is as ander. Soos ons ministers. 

Vrydag skuifel ek stadig, treetjie vir treetjie, nader aan die skandeerders by OR Tambo. Voor my in die ry staan Francois Pienaar. Skuifel. Skuifel. Dit gaan stadig. Daar is net drie hokkies oop. Skuifel. Skuifel. Behalwe vir dié wat “laat" is en met 'n “excuse me, excuse me" verbyseil na voor. Ek is altyd verbaas hoe verdraagsaam mense hieroor is. Dit neem gister 'n volle 30 minute om uiteindelik aan die ander kant van die security check te kom. Pienaar moet al die pad praatjies maak met mense wat met hom wil gesels (hy is ongelooflik sjarmant en vriendelik met almal)...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.