’n Dag om te gaan voor Suid-Afrika besluit

DINSDAG MET ANESCA SMITH

’n Dag om te gaan voor Suid-Afrika besluit

ANESCA SMITH skryf oor haar soeke na die beroemdste skildery van Johannes Vermeer, wat vroue in liefde en lig gebaai het. Daar is weer sewe goed wat jy vandag wil weet.

7 goed wat jy vandag wil weet


1. Minstens 45 mense is dood in die verwoestende brand wat in 'n tentkamp in Rafah in Gaza ontstaan het ná 'n Israeliese lugaanval wat op vermeende Hamas-leiers gemik was, het Reuters gister berig. Pres. Emmanuel Macron van Frankryk was onder die wêreldleiers wat hulle woede uitgespreek het: “Hierdie [Israeliese] operasies moet einde kry. Daar is geen veilige gebiede in Rafah vir Palestynse burgerlikes nie."

2. Die Ackerman-familie gaan ná byna ses dekades beheer oor Pick n Pay prysgee. Die familie gee daarmee saam die reg prys om die supermarkgroep se voorsitter, uitvoerende hoof en finansiële hoof te benoem. Gareth Ackerman sal volgende jaar ná 14 jaar as voorsitter uittree. Hy sal steeds saam met sy suster en broer, Suzanne Ackerman en Jonathan Ackerman, in die direksie aanbly...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.