Wat maak die ANC en die VF Plus daar? (En waar is Grapjas DD?)

WOENSDAG MET WILLEM

Wat maak die ANC en die VF Plus daar? (En waar is Grapjas DD?)

Saam met die gewone sewe goed wat jy wil weet, is daar vandag ook WILLEM KEMPEN se amper-politieke vasvra waar feitlik niks op die spel is nie. Sien jy kans?

7 goed wat jy vandag wil weet


1. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het beslis dat geld wat Gayton McKenzie ingesamel het terwyl hy burgemeester van die Sentraal-Karoo-munisipaliteit was, wel aan wetgewing oor openbare finansiële verslagdoening onderworpe is. Die hof het ook beveel dat die leier van die Patriotic Alliance (PA) sy “volle samewerking gee" aan die ondersoek na korrupsie in die munisipaliteit tydens sy burgemeesterskap.

2. Die sielkundige prof. Pumla Gobodo-Madikizela van die Universiteit Stellenbosch is vanjaar se wenner van die Amerikaanse Templeton Foundation se toekenning van $1,3 miljoen aan 'n navorser “wat op 'n streng, wetenskaplike manier die diepste vrae van die heelal en die mensdom se plek en doel daarin ondersoek". Haar werk fokus op hoe mense mekaar vind in die nasleep van geweld, en meganismes om trauma te verwerk en vergifnis te vind. Sy was destyds ook 'n lid van die Waarheid-en-Versoeningskommissie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.